Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth
Hy kon vir die grootste deel van 'n jaar nie praat nie. Hy was verseker oud genoeg om 'n oupa te wees, maar in werklikheid was hy 'n nuwe pappa. Toe God sy mond as te ware weer oop maak, was Sagaria se eerste woorde nie oor sy wonderwerk baba seuntjie nie.
Lukas 1:67 “Sagaria, die kindjie se pa, is met die Heilige Gees vervul en het as profeet gesê: ‘Lofwaardig is die Here, die God van Israel, want Hy het sy volk in genade opgesoek en vir hulle verlossing bewerk’”.
Met Kersfees dink ons aan kuiers waar ons vriende en familie besoek, dis kort en hopelik aangename paar dae. Maar wanneer God kom kuier, is Sy bedoeling ernstig. God het byvoorbeeld antieke Israel besoek vir verlossing uit Egiptiese slawerny.
Vandag wag ons op die wederkoms van Christus. Wanneer Hy ons weer gaan besoek, is net so ‘n seker saak, as toe Hy ons destyds met daardie eerste Kersfees besoek het. Intussen aanbid ons Hom in afwagting van die vervulling van Sy beloofde besoek, ons besef dit gaan ook ‘n ernstige besoek wees.
Seëngroete van ROH SA
Sleutel woorde: