Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Vrou: “Ek het gevoel as ek alles aan God oorgee, dit sou beteken dat ek nooit weer enigiets sou kon geniet nie. Uiteindelik het dinge so sleg gegaan, dat ek nie ander kon as om te besef ek moét alles aan God oorgee nie.”
Wanneer ons die pad van oorgawe kies, dink ons dalk dat dit die einde is. Dit is wel die einde van ons hoogmoed en die heerskappy van ons sondige natuur, maar dit is slegs die begin van ’n lewe in die Gees van God.
Toe Jesus Sy dood voorspel het, het Hy gesê: “Die uur het gekom dat die Seun van die Mens verheerlik moet word.” (Johannes 12:23).
In die volgende verse het hy verduidelik wat Hy prakties bedoel het: “Ek sê vir julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit net een enkele korrel; maar as dit sterf, dra dit baie vrug. Wie sy lewe liefhet, verloor dit; maar wie sy lewe in hierdie wêreld gering ag, sal dit vir die ewige lewe behou.”
Jesus roep ons op om te sterf aan ons “eie ek” sodat Hy Sy lewe, in en deur ons kan voortbring.
Het jy dit al gedoen? Soos ’n vriendin vir my di gestel het: “Dis soos om van swart-wit na volkleur oor te gaan.”
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Oorgawe