Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Jy het sekerlik ook al van die debat in gesondheids kringe gehoor oor megadosisse vitamiene. Sommige mense glo dat ‘n baie groot dosis vitamiene allerlei siektes kan genees, terwyl ‘n ander groep dokters weer waarsku dat te veel vitamiene selfs giftig kan wees.

Maar daar is geen debat oor megadosisse Skrif nie. Jy kan nie verkeerd gaan deur die Woord van God in te neem nie, en definitief nie as jy ‘n groot klomp hoofstukke of selfs boeke in die Bybel op een slag lees nie. Ek hou daarvan om soms my stiltetyd roetine te varieer en vinniger deur die Skrif te werk as wat ek gewoonlik sou. Dit is hoe ek ‘n megadosis van God se Woord in kry.

Romeine 15:4 “Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees.”

Om ‘n megadosis van die Bybel in te neem, sal jou ‘n geheel beeld van God se plan gee. Die temas sal soos riviere deur die Bybel van Genesis tot Openbaring loop. Jy begin dan om Jesus in elke bladsy raak te sien en so die hele verhaal te waardeer. Om die Bybel stadig deur te lees en op individuele verse te mediteer kan ook voordelig wees. Maar wanneer jy voel of jy in ‘n groef vas val, probeer gerus om ‘n megadosis van God se Woord te kry.

Seëngroete van ROHSA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …