Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ek onthou toe ek jare gelede in die berge vakansie gehou het, ek een oggend vroeg gaan stap het. Dit was mistig en koud, die versoeking was daar om terug te gaan klim in my snoesige warm bed.
Toe skielik, nadat ek 'n rukkie met die voetpaadjie, berg op gestap het, het ek bo die miswolke uit gestap. In 'n oogwink het ek ‘n ongelooflike mooi uitsig oor die berge gehad. Ek kon dit beslis nie van onder die wolke af sien nie. Dit was asof daardie manjifieke berge sopas vanuit die aarde gebars het.
Dis 'n beeld van my eie ervaring, wanneer ek moeilike stukke in God se Woord bestudeer. Om deur Levitikus of Kronieke te lees, kan inspanning verg. Maar wanneer ons hoofstuk vir hoofstuk aanhou om God se woord te leer ken, openbaar Hy Homself aan ons op wonderlike maniere.
Dalk het jou stiltetyd ook al vir jou soos 'n staptog deur miswolke gevoel. Kan ek jou aanmoedig om net daarmee vol te hou? Indien jy getrou daarin is om God te leer ken, sal jy ook onverwagse en ongelooflike uitsigte raaksien.
Efesiërs 3:20 “Aan Hom, wat deur sy krag wat in ons werk, die mag het om oneindig meer te doen as alles wat ons bid of dink, aan Hom kom toe die heerlikheid in die kerk en in Christus Jesus, deur alle geslagte heen, vir ewig en ewig. Amen.”
Seëngroete van ROH SA
Sleutel woorde: