Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

“Vroeër in my lewe was dit maklik om daagliks ‘n uur met God in sy Woord en gebed te spandeer, maar van dat ek kinders het, is my tyd baie beperk. Dit maak my eintlik moedeloos voel, ek wil sommer net handdoek ingooi.”

Ek dink elke Mamma het hierdie uitdaging. Ek het aan ‘n ouer vrou gevra wat haar raad sou wees vanuit haar eie ervaring. Sy sê dat hierdie seisoen van ‘n vrou se lewe, hom nie altyd leen tot lang kuiers en daaglikse diep studietye nie. Selfs net 'n paar verse en 'n kort gebeds- en aanbiddingstyd het haar deur baie dae gehelp.

Solank ons steeds soveel tyd as wat prakties moontlik is in God se Woord spandeer. Dit moet steeds ons hoof prioriteit wees, hoe kort dit ook al is. Is daar dalk êrens anders waar jy tydjies kan jy afknyp? Ek glo wanneer jy dit 'n prioriteit maak om selfs net oomblikke saam met Hom deur te bring, Hy daardie tydjie sal seën en vermeerder.

Romeine 8:26 “Die Gees staan ons ook in ons swakheid by: ons weet nie wat en hoe ons behoort te bid nie, maar die Gees self pleit vir ons met versugtinge wat nie met woorde gesê word nie. En God, wat die harte deurgrond, weet wat die bedoeling van die Gees is, want Hy pleit, volgens die wil van God, vir die gelowiges.”

Seëngroete van ROHSA

Sleutel woorde: 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …