Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Om ander aan te moedig is regtig belangrik. Maar as vroue moet ons versigtig wees om mans nie op onvanpaste maniere aan te moedig nie.
Die vrou waarvan ons in Spreuke 7 lees, lok 'n jongman uit tot 'n immorele verhouding. Sy sê: "Ek het uitgegaan om jou te ontmoet, ywerig om jou aangesig te soek, en ek het jou gevind" (v. 15). Hierdie getroude vrou voed die jongman se behoefte aan bewondering. Ons besef hierdie is ‘n strik wat sy vir hom stel, maar êrens in haar lewe, het dit begin as ‘n klein saadjie.
Wanneer daar dinge is wat ‘n vrou eerder in ‘n ander man bewonder, as haar eie man, kan dit haar ontevrede laat voel met haar eie huwelik. Dit kan haar selfs meer geneig maak om haar huweliksverbond te verbreek, omdat sy dit as 'n eensame verhouding beskou.
Vroue, terwyl julle julle woorde gebruik om ander aan te moedig, vra God om julle wysheid en selfbeheersing te gee in hoe julle mans bemoedig. Vra jouself af: Is dit die tipe bemoediging wat God my toelaat, of is dit eintlik bewondering wat van sy eie vrou moet kom?
Seëngroete van ROHSA
Sleutel woorde: Versoekings, Reinheid, Huwelik