Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Voordat ons kan dink aan ‘n geestelike herlewing, moet ons onsself eers die vraag afvra of dit werklik ‘n behoefte by ons is.
Ons lees in die Woord dat koning Dawid byna ‘n jaar lank met God gestoei het na sy buite egtelike verhouding. Sy siel het alles moontlik gedoen om die sonde toe te smeer.

Hoor net die emosionele en fisiese druk wat hy ervaar het in Psalm 32:3 “Toe ek oor my sonde stilgebly het, het my liggaam gekwyn van ellende, het ek die hele dag lank gekreun. Dag en nag was u hand swaar op my. My krag het verdwyn soos water in somerhitte.”
God se Woord het ook vir ons die antwoord in vers 5: “Toe het ek my sonde bely, my oortreding nie weggesteek nie. Ek het gesê: ‘Voor die Here bely ek my opstandigheid.’” en dan die uitkoms: “en U het my skuld vergewe.”

Ons kan nie van God af weg kom nie. Ervaar jy die swaar hand van God in jou lewe? God se Woord verseker ons, ons kan ‘n herlewing en vryheid beleef!

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Seën groete van ROHSA

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …