Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

 

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Leef daar trotsheid in jou hart? Hoor jy jouself dinge sê soos "In die vyftien jaar wat ek nou al op die komitee dien, het ek nog nooit so ’n simpel idee gehoor nie!" Of is jy ’n nederige persoon wie so reageer: "Ek was verkeerd, ek het dit nie so in gesien nie. Sal jy my asseblief vergewe?"

Ons verhoudings verklap baie van ons hartsgesindheid, ja selfs of ons trotse of nederige mense is.

*  Trotse mense het byvoorbeeld dikwels ’n kritiese gees wat vinnig fout vind. Daarteenoor kan nederige mense maklik vergewe, omdat hulle besef hoeveel húlle reeds vergewe is.
* Trotse mense kritiseer graag diegene in gesagsposisies, maar nederige mense bid vir hulle leiers.
* Trotse mense is dikwels eiegeregtig; hulle dink baie van hulle self, is selfsugtig en sien neer op ander.

Dalk wonder jy ook wat die verskil tussen nederigheid en gebrokenheid is. Nederigheid is die vrug of die blywende leefstyl wat uit gebrokenheid voortspruit. Waar gebrokenheid dikwels die "krisis" of die breekpunt is, is nederigheid die konstante hartstoestand.

Romeine 12:16 sê: “Wees eensgesind onder mekaar; moenie hoogmoedig wees nie, maar skaar julle by die nederiges. Moenie wys wees in julle eie oë nie. Moet niemand kwaad met kwaad vergeld nie, maar rig julle gedagtes op dit wat vir alle mense goed is.” (2020 Vertaling)

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Gebrokenheid & Trots

 

Browse Past Episodes By