Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Dwars deur die geskiedenis het vals leraars mense vertel wat hulle wil hoor eerder as om die volle en ware woord van God te verkondig.

Byvoorbeeld, in die dae van die profeet Jeremia is vrede belowe en almal wat na daardie predikers geluister het, het 'n vals gevoel van hoop gekry. Terwyl hulle in werklikheid op die punt gestaan ​​het om God se oordeel te ervaar.

Jesaja het gewaarsku teen diegene wat skuld en sonde afgemaak het, wat kwaad goed en goed kwaad genoem het. Paulus het ook voortdurend gewaarsku teen diegene wat 'n alternatiewe evangelie wou voorhou, anders as die ware Messias en wat Hy werklik kom doen het.

Jy sal vandag steeds vals leraars vind – skrywers en predikers – wat sonde ontken, of 'n onbybelse siening van God en Jesus aanbied. Hulle wil 'n soort vrede verkondig wat nie op die volle waarheid geskoei is nie.

Daarom moet elkeen van ons die Woord van God ken, sodat ons valse leringe kan herken in watter vorm dit ook al voorkom.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …