Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Jy het seker al die verhaal gehoor wat Jesus vertel het van die dienskneg wat die koning ‘n groot bedrag geld geskuld het. Die koning het die dienskneg vergewe, maar die dienskneg het geweier om iemand anders te vergewe wat hom ‘n klein bedraggie geskuld het.

Die koning het hiervan uitgevind en hy was baie kwaad. Ons lees in Matteus 18:34 “Woedend het die koning hom toe oorgegee aan die foltenaars om elke sent uit hom te pers totdat hy al sy skuld betaal het.”

Wanneer ons weier om te vergewe, kan God ons oorgee aan sulke verdrukkers. Ek dink dit kan ook die kronies- emosionele en fisiese versteurings insluit, waaraan so baie mense lei. In sommige gevalle kom daardie probleme van onvergifnis. Jy sien, God het nooit bedoel dat ons liggame bestand moet wees teen die gewig van bitterheid en onvergifnis nie.

Is daar nog skuld wat jy probeer invorder? Wil jy jouself vry maak van daardie swaarkry? Kies dan om daardie skuld te kanselleer en te vergewe.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Geestelike Groei

 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …