Hierdie is Seeking Him, met Nancy DeMoss Wolgemuth.
Maak jy ooit stellings soos die?
• Hy het 'n belofte verbreek, dis klaar.
• Dit was so verleentheid, ek sal nooit daaroor kom nie.
• Sy het vir my gelieg—vir my, haar beste vriendin!
• Ek kan nie glo hy het my bedrieg nie, my eie familie.
Dis moontlik om so lank met onvergewensgesindheid saam te leef dat ons nie eers besef dat dit al deel van ons geword het nie.
Sal jy 'n oomblik neem en toelaat dat God jou hart deursoek? Is daar enigiets of enigiemand wie jy nie wil vergewe nie?
“My volwasse kinders bel my nooit eers nie.”
“My en my pa se storie kom ‘n lang pad.”
Efesiërs 4:32 sê: “Maar wees vriendelik en vol ontferming teenoor mekaar; vergeef mekaar soos God ook in Christus julle vergewe het.” 1983 Vertaling: “Moet nooit verbitter of opvlieënd wees of woedend word nie; moenie vloek of skel nie; moet niks doen wat sleg is nie. Wees goedgesind en hartlik teenoor mekaar, en vergewe mekaar soos God julle ook in Christus vergewe het”
Die volgende keer wat jy voor die toets te staan kom om weer te tob oor die seer wat ander jou aangedoen het, hoekom fokus jy nie eerder op hoeveel God vir jou gedoen het nie?
Die seer is werklik.
Maar ek kies om te vergewe.
Deur God se genade sal ek vergewe.
Seëngroete van ROH SA
Sleutelwoorde: Vergifnis en Bitterheid