Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Is dit vir jou moeilik om God te vertrou wanneer dit by jou geldsake kom? Spesifiek, die gebrek aan geld?

Toe ek 'n tiener was, het my pa 'n paar groot finansiële terugslae ervaar in die besigheid, waarvoor hy baie hard gewerk het om te bou. Tydens daardie moeilike hoofstuk het my pa ons geleer dat alles wat ons het van God af kom en ook aan God behoort.

Hy het ons geleer dat God die Eienaar van alles is. Hy is die Voorsiener van elke materiële seëning – nie 'n besigheid nie, nie een of ander soort belegging nie, nie die aandelemark nie, nie 'n gesonde ekonomie nie…

Filippense 4 sê: "En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien volgens sy wonderbaarlike rykdom in Christus Jesus.." (v. 19).

Finansiële probleme kan 'n geleentheid wees om ander te laat sien dat God in staat is om te voorsien. Wanneer jy op Hom vertrou, sal ander sê: "Kyk na haar God! Wat 'n goeie en getroue Voorsiener is Hy. Is Hy nie wonderlik nie?!"

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …