Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Is jy een van die mense wat daarvan hou om dinge tot in die fynste detail te beplan? Klinkhierdie dalk soos jy: "As hy dus op 67 aftree en ek op 65 ... met my belegging en sy pensioen, en ons spaargeld, sal ons finansies genoeg wees ... ten minste tot ek 99 jaar oud is. Daarna dink ek sal een van ons moet plan maak om by Jesus te wees!"

Ek hou ook daarvan om dinge in detail te beplan, maar soms steek God stokkie voor. Dit is wat gebeur het met Abram, wat later in sy gemeenskap bekend geword het as “Abraham die Hebreeuse”. Die woord Hebreeus beteken 'vreemdeling'. God het hom uit die veiligheid van sy huis geroep met net die belofte van 'n nuwe land. Abraham het jare lank rond getrek en vertrou dat God se belofte eendag sou waar word.

Miskien gaan God vandag jou planne omkeer, om jou daaraan te herinner dat hierdie wêreld nie jou tuiste is nie. 1 Petrus 2:11 ”Julle vir wie ek lief het, ek versoek julle, as tydelike bewoners en vreemdelinge, om julle te onthóu van vleeslike begeertes wat baklei teen die gees.”

In plaas daarvan om ontsteld te raak wanneer jou dinge nie presies volgens plan verloop nie, fokus eerder op die moontlikheid dat God self jou dalk ‘n ander pad probeer wys?

Seëngroete van ROH SA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …