Latest Episode Aug. 6, 2026

Pragtige klanke 

Read the Full Transcript

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Het jy al ooit gehoor wanneer lede van  ‘n orkes besig is om hulle instrumente in te stem voor ‘n konsert? Dis omtrent ‘n geraas! Wanneer die verskillende instrumente egter daarna elkeen sy bladmusiek perfek saam speel, is dit ‘n absoluut pragtige klank.

Dit is nogal baie soos dit in die kerk gaan. Wanneer elkeen van ons, ons eie ding met ‘n selfsugtige hart doen, is dit lelik. Maar wanneer ons na mekaar luister en doen wat goed is vir die hele groep, dan kan dit regtig baie mooi wees.

Die apostel Paulus spandeer die meeste van die eerste boek van Korintiërs om aan daardie gelowiges te verduidelik hoe om met mekaar oor die weg te kom. Dan sê hy in hoofstuk 13 vers 1: “Al praat ek die tale van mense en engele, maar ek het geen liefde nie, het ek ‘n stuk klinkende metaal, galmende simbaal geword”.

Dit maak nie saak hoe geestelik ons woorde kan klink nie. As ons dit nie met liefde sê nie, dan dra ons net by tot die geraas en verwarring van ons wêreld.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

 

Latest Episodes

About the Host

Corné Loots

Corné joined the ROH SA team in 2016, and she has been involved in Cross-Cultural Ministry since 1994. She enjoys her calling to mentor the Ruth generation of African women, to experience freedom, fullness and fruitfulness in Christ.

Cross-cultural … read more …