Hierdie is die vyfde van agt sessies in die Bybelstudiereeks oor Ps. 107 - God se goedheid in tye van swaarkry.
Dit voel dikwels of die Here nie ons hulpgeroep hoor nie. Ons kan maklik moedeloos raak en weet nie altyd wat om te doen terwyl ons op die Here se antwoorde wag nie.
In hierdie Bybelstudie kyk ons wat die Skrif ons leer oor “wag op die Here”.