Hierdie eerste sessie in die reeks van agt, gee ‘n oorsig oor die eerste helfte van die Psalm.
Die Here se getrouheid word in die eerste 32 verse beskryf aan die hand van vier moeilike situasies waarin Christene hulle dikwels bevind.
Daar word vertel hoe die Here antwoord op die hulpgeroep van die wat in die woestyn is, die wat in kettings vasgevang is, die wat ellendig voel as gevolg van hulle eie sondes en die wat storms in die lewe beleef.