Hierdie is die sesde van agt sessies in die Bybelstudiereeks oor Ps. 107 - God se goedheid in tye van swaarkry.
Ons hoor so dikwels dat mense sê hulle is in ‘n woestyntyd of beleef storms in hulle lewe. In die Woord word daar redes gegee hoekom die Here woestyntye en storms in ons lewens toelaat en in hierdie studie kyk ons na ‘n paar van hierdie redes.