Hierdie is die laaste van agt sessies in die Bybelstudiereeks oor Ps. 107 - God se goedheid in tye van swaarkry.
In hierdie studie sluit Retha de Villiers die reeks af deur hedendaagse situasies en denkbeeldige persone te gebruik om God se goedheid teenoor mense baie prakties te illustreer.
Die laaste woorde van die boek Hosea en die laaste woorde van Ps. 107 word vergelyk en ons sien dat altwee die dele vir ons wys hoe ons wysheid kan bekom.