Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Het jy al op gelet dat baie mense nie deurdagte besluite neem nie? Hulle dink nie aan die gevolge voordat hulle ‘n besluit neem nie.

Dalk het jy of jou man ook al iets gekoop wat aanlyn baie indrukwekkend gelyk het, maar in werklikheid nie so wonderlik was nie. Of dalk is daar in jou huis struwelinge omdat die kredietkaart buig van al die aankope.

Ons hedendaagse kultuur leef dikwels in die oomblik en reageer impulsief op allerlei dinge wat oor ons pad kom, sonder om regtig eers die saak behoorlik te deurdink.
Wat gaan gebeur as ons eers mooi oor die gevolge dink van elke besluit wat ons wil neem? Gaan ons regtig iets misloop soos die adverteerder beweer? Wat dink jy sal gebeur indien ons elke besluit wat ons wil neem, eerstens onder Christus se outoriteit en heerskappy bring?

Ons praat nou ligtelik oor die gevolge van ons besluite, maar daar is groot besluite wat ons moet neem, waarvan ons die gevolge tot in die Ewigheid gaan dra.

Galasiërs 6:7&8 “Moenie ‘n fout maak nie. God laat nie met Hom spot nie: Wat mense saai sal hulle ook maai. Hulle wat op die land van hulle sondige geaardheid saai, sal op grond daarvan die dood oes, terwyl hulle wat op die land van die Gees saai, op grond daarvan die ewige lewe sal oes.”

Seëngroete van ROH SA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …