Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
As ons nou heeltemal eerlik moet wees, dan moet ons erken dat daar tye is wat ons ervaar dat dit wat God nou van jou en my verwag, heeltemal onredelik voel.
Dit kan dalk wees dat jy aan die einde van ‘n besige dag na ‘n veeleisende vriendin se storie moet luister, terwyl jy regtig nie die tyd of energie daarvoor het nie. Of dalk om die grootste deel van jou naweek te spandeer om jou werk of studies op datum te probeer kry.
Wat die geval ook al mag wees, moet ons onsself dan aan Paulus se woorde in Romeine 12:1 herinner: “Broers, op grond van die barmhartigheid van God roep ek julle dus nou op om julle liggame beskikbaar te stel as 'n offer wat lewend en heilig is, en vir God aanneemlik. Dit is julle sinvolle godsdiens.” 1953 vetaling sê “redelike godsdiens”.
Die Griekse woord wat hier vir “redelike” gebruik word, is waar die woord “logies” van afkomstig is. Omdat God vir ons soveel gegee het, is dit net logies dat ons onsself aan Hom sal oorgee.
Wanneer jy weer dink dat dit wat God van jou verwag darem nou regtig onredelik voel, onthou dan Christus se opoffering aan die kruis. Wanneer jy daaraan dink, sal dit jou ook inspireer om meer van jouself vir Hom te wil gee.
Seëngroete van ROH SA
Sleutel woorde: