Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Die boek Spreuke vertel ons dat 'n wyse vrou haar huis bou, maar 'n dwase vrou breek dit af.
Een manier waarop ons dit kan doen, is deur ons gesindheid. Luister na hierdie Skrifgedeeltes en dink na oor die vraag of jou gesindheid jou huis opbou of afbreek.
"In alles het ek vir julle gewys dat 'n mens deur hard te werk, die swakkes moet help, en die woorde van die Here Jesus moet onthou toe Hy gesê het, ‘Dit maak 'n mens gelukkiger om te gee as om te ontvang." (Handelinge 20:35).
Ons bou wanneer ons ander help in hul behoeftes, sonder om iets terug te verwag. Maar ons breek af wanneer ons gee, met die verwagting dat ons iets terug moet ontvang. Dis eintlik net ruilhandel. Filippense 2:3-5 "Deur nie iets uit selfsug of ydelheid te doen nie, maar in nederigheid die een die ander hoër te ag as homself; deur elkeen nie net na sy eie belange om te sien nie, maar ook na dié van ander. Laat dan die gesindheid wat daar in Christus Jesus was, ook in julle wees:"
Ons bou op deur dinge raak te sien waarvoor ons dankbaar kan wees. Maar wanneer ons kla oor alles wat nie volgens ons sin verloop nie, breek ons ons huis af. 'n Gesindheid van nederigheid sal ons huis opbou, maar selfsug sal dit afbreek.
Breek jy jou huis af of bou jy dit op?
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Hoop, Bemoediging