Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ná 'n groot geestelike deurbraak kom ​​God se kinders dikwels te staan voor 'n nuwe beproewing. 

Kan jy met hierdie luisteraar identifiseer? "My ma en ek het uiteindelik begin om mekaar te vind! Ons verhouding het soveel verbeter en toe, net drie maande later, het sy 'n beroerte gehad!"

Die boek Eksodus vertel ons byvoorbeeld van die kinders van Israel by 'n plek genaamd Refidim. Dit is waar God vir Moses gesê het om teen 'n rots te slaan, en water het daaruit gevloei. Die volk het 'n wonderwerk aanskou! En toe, net daarna was hulle op pad na die woestyn van Sinai.

God het hulle die woestyn in gelei, maar Hy was daar by hulle. Hy is ook by ons wanneer ons geestelik deur droë tye gaan. Daarom kan jou woestyn eintlik 'n plek van seën word. Daar is aspekte van God se karakter, sy hart en sy weë wat ons nêrens anders as in die woestyn kan sien nie.

Onthou daarom volgende keer wat jy 'n moeilike situasie trotseer: God sal jou nooit verlaat nie, Hy is saam met jou in dit!

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Lyding en beproewings

Browse Past Episodes By