Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Wanneer mens kyk na al die stukkies van 'n legkaart wat deurmekaar in 'n boks lê, is dit moeilik om te dink dat daar eintlik 'n prentjie in opgesluit is. Maar die geheim van legkaart bou, is dat jy deurentyd moet terugverwys na die prentjie op die boks. Dit is die enigste manier hoe jy weet hoe die finale prentjie moet lyk.

Kyk jy ook soms na al die "stukkies" van jou lewe wat heel deurmekaar voel en wonder jy dan hoe op aarde dit alles, ooit kan uitwerk? Die goeie nuus is dat God vir ons 'n prentjie gegee het waarheen ons kan terugverwys.

In Hebreërs 1:2 staan daar “maar in hierdie eindtyd het Hy met ons gepraat deur sy Seun. Hom het Hy aangestel as erfgenaam van alle dinge, en deur Hom het Hy ook die wêreld geskep. Hy is die uitstraling van God se heerlikheid, en die ewebeeld van sy wese. Hy hou alles in stand deur sy magtige woord; en nadat Hy die reiniging van sondes bewerk het, het Hy gaan sit aan die regterhand van die Majesteit in die hoogtes.”

Jesus is basies ons voorbeeld van heiligheid. Soos ons elke stukkie van ons lewe vir God oorgee, help Hy ons om in die beeld van Sy Seun gevorm te word.

Is jy besig om geestelik te groei en heiliger te word? Daar is net een manier om dit te weet: kyk wat sê God se Woord oor Jesus, en vra jouself dan af of jy meer soos Hy word.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Geestelike Groei, God se karakter & Waarheid

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …