Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Die laaste paar jaar het ons van talle skandale gehoor wat groot opslae in die nuus gemaak het. Iets wat my pla, is dat private sake oral in die media uitbasuin word. Taal en gesprekke oor die algemeen, maar veral dit wat voorheen as onvanpas beskou is buite die slaapkamer, het nou deel geword van alledaagse gesprekke.

In Spreuke 7 lees ons van ’n getroude vrou wat probeer om ’n jong man te verlei. Dan begin sy met hom praat oor dinge wat eintlik net tussen haar en haar man moes bly.

Sy sê vir die jong man: “Ek was op die uitkyk en nou het ek jou gekry. Ek het 'n deken oor my bed gegooi, 'n deken van bont Egiptiese linne; ek het my bed besprinkel met mirre, aalwyn en kaneel.”

Daar is sekere onderwerpe wat in die slaapkamer moet bly, net tussen ’n man en sy vrou.

Dalk besef jy nou, dat jyself soms in ’n gesprek met vriende, ook dinge sê wat eintlik net tussen jou en jou man moes gebly het? Vra God om jou die wysheid en diskresie te gee wanneer jy met ander praat.

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Woorde, Huwelik

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …