Seeking Him Afrikaans Podcast

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Dink jouself in: ‘n Generaal besoek ‘n kamp waar krygsgevanges aangehou word. Stel jou nou voor dat hy een van die selle waar die vyandige jong soldate aangehou word, oopmaak en hy vir die jong man sê hy word vrygespreek. Nie net word hy vrygespreek nie, maar die generaal neem hom na sy eie huis om saam met hom in sy huis te woon en dan neem hy hom ook nog as sy eie seun aan.

Dit klink nogal vergesog, maar God het nog meer as dit vir ons gedoen. Romeine 5 vertel in vers 10 “Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur Sy lewe gered word nou dat ons versoen is.”

Volgens God se Woord, was ek Sy vyand gewees. Ek was vasberade om teen God in opstand te kom - ja selfs as ‘n klein dogtertjie wat in ‘n Christen huis groot geword het. Die Woord sê dat God my selfs toe liefgehad het, en Hy het jou ook toe al liefgehad. Hy het sy liefde aan ons demonstreer deur die uiterste daad van selfopoffering. “Want so lief het God die wêreld gehad dat Hy sy eniggebore Seun gegee het.”

Dít is ware liefde!

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Redding, Nuwe identiteit

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …