Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Die buitemure van my huis is wit geverf, of sal ek eerder sê dit lyk meeste van die tyd wit. Maar in die winter, wanneer dit sneeu, lyk dit eerder vaal en geel. Wanneer dit met suiwer sneeu vergelyk word, lyk my huis skielik nie meer so skoon nie.

Wanneer ons onsself met ander mense vergelyk, kan ons nogal goed lyk - amper soos my huis se mure wat skoon lyk. Maar wanneer ons na God se heiligheid kyk, word ons daaraan herinner hoe vuil en vaal ons eintlik is. Ons kry ‘n ware prentjie van ons sonde wanneer ons dit in die lig van God se heiligheid sien. 

Wanneer ons oë op Hom gerig is, raak ons bewus van ons eie tekortkominge. Wanneer ons eerlik is omtrent ons eie sonde, kan ons hoop vind in die woorde van Jesaja 1:18: “Al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu”. Die bloed van Jesus kan ons reinig van alle sonde. Sal jy vandag tyd daaraan spandeer om op God se heiligheid te fokus?

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoord: Sonde, bekering

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …