Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

 

Wat doen jy wanneer iemand iets oor jou sê wat nie waar is nie? Dit hang seker af van wat hulle sê. Ons is byvoorbeeld gewoonlik nogal vinnig om die rekord reg te stel wanneer ons gekritiseer word. 

 

‘n Man wie se vrou kla dat hy nooit die vuilgoedsak uitvat nie, kan homself vinnig vererg en verdedig deur te sê dat hy wel laas week dit gedoen het.

 

Maar wat gebeur wanneeer iemand iets positief sê? Reageer ons dan positief? 

 

Wat ook soms gebeur is dat ons ‘n kompliment aanvaar en krediet vat vir iets wat ons nie self gedoen het nie. Wanneer ons krediet vat iets wat iemand anders gedoen het, is dit eintlik ‘n indirekte weerspieëling van trots, wat dui op ‘n tekort van God se reinheid en opregte liefde. God se Woord sê in 1 Korintiërs 13, “die liefde praat nie groot nie”. 

 

Kom ons raak bewus, hoe ons op ander se opmerkings reageer. Dis mooi om ‘n kompliment te aanvaar. En wanneer die kompliment eintlik iemand anders toekom, kan ons die misverstand daar en dan vinnig regstel, sonder dat ons te na gekom word.

 

Seëngroete van ROHSA

 

Kernwoorde: Gebrokenheid, trots

 

 

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …