Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Voel jy ooit so uitgeput dat jy net nie kan aangaan nie? In die Ou Testament boek Konings, lees ons dat die profeet Elia ook so gevoel het na 'n kragmeting met die bose koningin Jesebel.
Hy het vir sy lewe gevlug, letterlik weggehardloop en in die woestyn geslaap. Die Bybel vertel ons dat 'n engel hom wakker gemaak het en gesê het: "Staan op en eet." Die engel het 'n koek brood wat oor warm kole gebak is en 'n fles water voorsien. Daar was nie geriewe soos ‘n winkeltjie of kombuis in die woestyn nie, maar God het vir Elia presies gegee wat hy nodig gehad het.
Jy het dalk nie die afgelope tyd fisies teen 'n bose koningin geveg nie, maar dalk het jy die hele dag met moeilike kinders of kwaai kollegas te doen gehad, en jy is gedaan.
God het vir ons daaglikse brood in die vorm van Sy Woord gegee. En Hy het vir ons brood uit die hemel gegee in die vorm van Christus en Sy Gees. Gaan lees gerus Johannes 6:53-58
Wil jy vertroosting en rus deur God vind, vra Hom vir Sy hulp en krag.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: