Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Een van ons manlike luisteraars het hierdie getuienis ingestuur: 

“Herlewing het in my lewe begin toe ek myself baie kwesbaar gemaak het en 'n regter se kantoor gebel het. Jare tevore was ek 'n getuie in 'n groot hofsaak, en ek het nie die volle waarheid vertel nie. 

God het met my oor hierdie sonde gepraat. Ek moes dit regmaak, al het ek geweet ek sou dalk in die tronk beland. Na 'n spanningsvolle lang wag van ongeveer 'n jaar, het ek gehoor dat geen een van die partye die saak wou heropen nie. Ek was 'n vry man.

Ek weet vandag, ware vryheid het vir my gekom toe ek in totale nederigheid, die waarheid met God uitgemaak het. Ek het in gehoorsaamheid ‘ja’ gesê het vir God.”

Miskien is daar 'n situasie in jou lewe, wat nederigheid vereis. Onthou hierdie woorde uit Spreuke 29:23 “Die verwaandheid van 'n mens sal hom verneder; maar hy wat nederig is, sal eer ontvang." (2020 Vertaling)

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Sonde, Bekering

Browse Past Episodes By