Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Soms dink gelowiges hulle moet allerhande take op datum hou, om God se guns te verdien. Amper soos toe jy klein was, en pligsgetrou was vir daardie goue sterretjies.
Wanneer jy vergeet om die Bybel te lees en te bid, dink jy God hou nou nie meer baie van jou nie?
Gee jy stiptelik ‘n tiende van elke salaris tjek; omdat jy God nie wil ontstel nie?
Oorweeg jy ‘n uitreik saam met jou kerk, wanneer jy dit nie reg kry om naby aan God te voel nie?
Ek en jy weet, dat al daardie aktiwiteite wonderlik is, maar op sigself sal hulle ons nie nader aan God bring nie. God stel nie belang in hol godsdienstige dade nie, maak nie saak hoe indrukwekkend hulle mag wees nie.
Koning Dawid het dit verstaan. In Psalm 51:16 het hy gebid: “want U begeer nie offers nie, anders sou ek dit gee; U het geen behae in brandoffers nie.”
Wat spreek dan tot God se hart? Dawid gee die antwoord in vers 17: “Die offers van God is ’n gebroke gees; ’n gebroke en stukkende binneste sal U, o God, nie verag nie!” (PWL Vertaling)
Die Boodskap stel dit so: “Here, U wil nie hê dat ons U moet probeer vergoed vir alles wat U vir ons doen nie. Anders sou ek dit doen. U vra nie offers van ons nie.
Al wat U wil hê, is dat iemand laag voor U buig en kom sê hy is jammer oor sy verkeerde dade. God, U sal nooit iemand wat sleg voel oor sy sonde van U af wegstoot nie.”
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: Berou