Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Psalm 119 getuig oor die vreugdes om God se Woord te ken. Kom ons kyk na 'n paar van hulle.
Byvoorbeeld, vers 11: “In my hart koester ek u woord, sodat ek nie teen U sondig nie.” Wanneer ons die Bybel bestudeer, ervaar jy hoe die woorde met jou hart praat - en dit maak dit makliker om versoekings vroegtydig te herken.

Vers 23-24 “U dienskneg sal oor u voorskrifte bly nadink. Nog steeds is u bepalings my grootste vreugde; hulle is my raadgewers.” Die lewe is verwarrend, ek en jy het die ware wysheid opgesluit in God se Woord baie nodig.
Vers 103 "Hoe soet is u beloftes vir my verhemelte, meer as heuning vir my mond." In die begin is dit moeilik om die gewoonte aan te leer om jou Bybel elke dag te lees, maar hoe meer jy die beloftes raak lees, hoe lekker word dit vir jou.

As jy dalk sukkel en nog nie die gewoonte aangeleer het om daagliks God se Woord te lees nie, wil jy nie saam met my tyd spandeer in Psalm 119 nie? Kom ontdek die vreugde vir jouself.

Seëngroete van ROH SA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …