Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
My man staan klokslag elke oggend vroeg op en spandeer dan tyd deur sy Bybel te lees. Ek probeer dit ook doen, maar ek kry dit nie reg om gefokus stiltetyd te hou nie. My gedagtes bly afdwaal na alles wat ek vandag nog moét doen. Soms wens ek hy wil net sy Bybel neersit en my bietjie help.
Dink jy ook sy klink bietjie soos Martha in die Bybel?
Lukas 10: 40 “Here, pla dit U nie dat my suster my alleen los om te bedien nie? Sê tog vir haar om my te help!” Maar die Here antwoord haar: “Martha, Martha, jy kwel en ontstel jou oor so baie dinge, maar net een ding is noodsaaklik, en Maria het die goeie deel gekies; dit sal nie van haar af weggeneem word nie.”
Net soos Martha het jy ook waarskynlik ‘n elle lange lys van dinge wat gedoen moét word. Om jou kinders en man te help, en jou werk goed te doen is verseker baie belangrik. Maar daar is een ding wat absoluut noodsaaklik is, en dit is om elke dag by die voete van Jesus deur te bring. Het jy jou dag so begin?
Seëngroete van ROH SA
Sleutel woorde: