Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
As jy vandag net een ding gedoen kan kry, wat sou jy wil hê moet dit wees?
Sal jy jou oefensessie by die gym kies? Of sal jy kies om vir jou familie ‘n heerlike ete te kook? Dalk is jy so besig met jou kinders dat jy ‘n lekker warm bad sal kies.
In Psalm 27 vanaf vers 4 sê Dawid: “Een ding vra ek van die Here, en dit sal ek bly soek: om in die huis van die Here te bly al die dae van my lewe, om my te verbly in Sy goedheid, en in sy tempel daaroor na te dink.”
Die een ding wat die Psalm Skrywer meer as enigiets anders wou gehad het, was om sy verhouding met God te laat groei.
Ek het self ervaar dat wanneer ek my alleen tyd met God, ‘n absolute prioriteit van my dag maak, dit my perspektief vir die hele dag verander.
As jy nie in ‘n gewoonte is om ‘n daaglikse stiltetyd te hê nie, hoekom beplan jy dit nie vir die volgende 24 uur nie? Maak tyd om God in Sy Woord en in gebed te ontmoet. Maak dit die nommer een prioriteit van jou dag.
Seëngroete van ROH SA
Sleutel woorde: