Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Wanneer ons onder die beheer van God se Heilige Gees leef, produseer Hy in ons, dit wat in Galasiërs 5 “die vrug van die Gees” genoem word. Hier is 'n lys van daardie eienskappe, saam met 'n paar vrae wat jou sal help om die vrug wat jy in jou eie lewe raaksien, te evalueer.
"Die vrug van die Gees is liefde."
Voel mense asof hulle jou goedkeuring moet kry, of weet hulle dat jy hulle liefhet, maak nie saak wat nie?
"Die vrug van die Gees is vreugde"
Is jou vlak van vreugde gebaseer op omstandighede?
"Die vrug van die Gees is Vrede"
Vertrou jy God regtig om totaal en al in beheer te wees van alles in jou lewe?
“Die vrug van die Gees is geduld"
Is jy bereid om uitgerekte en irriterende omstandighede aan God oor te laat?
"Die vrug van die Gees is vriendelikheid en goedheid"
Is jy bedagsaam? Oorkom jy die kwaad deur daarteenoor goed te doen?
"Die vrug van die Gees is getrouheid en sagmoedigheid"
Het jy 'n leerbare gees?
"Die vrug van die Gees is selfbeheersing"
Is jou natuurlike karakter onder die beheer van die Heilige Gees?
Onthou, dit is die eienskappe van Christus se lewe wat deur ons vloei, wanneer ons onsself aan Sy beheer oorgee.
Seëngroete van ROH SA
Sleutel woorde: Christelike karakter