Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Paulus skryf in Efesiërs 5: “laat die Heilige Gees julle lewe vol maak” en dan beskryf hy hoe dit in ons alledaagse lewe ‘n invloed kan hê.
In ons gewone lewensomstandighede kan ons met mekaar Skrifgedeeltes en geestelike liedere deel, net soos die Woord in Efesiërs 5:19 beskryf: “laat die Heilige Gees julle lewe vol maak en sing saam psalms en lofgesange en geestelike liedere. Sing en jubel met julle hele hart tot eer van die Here.”
Dit het ook ‘n invloed op ouer-kind verhoudings. Efesiërs 6:1 “Kinders, gehoorsaam jul ouers in eenheid met ons Meester, want dit is reg. Hierdie is die eerste opdrag met ’n belofte vanuit Deut 5:16 “Eer en respekteer jou vader en jou moeder sodat dit met jou goed mag gaan en jou lewe lank mag wees op die aarde.”
Daar’s ‘n vermaning aan ouers in vers 4: “En vaders, moenie julle kinders so behandel dat hulle opstandig word nie.”
Dit maak ook ‘n verskil in ons werksplek. Vers 6 “Moenie net werk om deur julle eienaars raakgesien te word en so in mense se guns te kom nie; werk soos slawe van Christus wat van harte die wil van God doen.”
Neem die vymoedigheid om God te vra om jou vandag opnuut met Sy Gees te vul - dit sal ‘n wêreldse verskil maak!
Seëngroete van ROH SA
Sleutel woorde: God se karakter, Waarheid