Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
‘n Nuwe mamma vertel ons sy weet sy het God se hulp nou meer as ooit nodig. Maar sy is te moeg om selfs net te dink! Sy het nie krag om te bid of haar Bybel te lees nie.
Die proses om ‘n konstante geestelike roetine te ontwikkel, is in sommige seisoene moeiliker as in ander.
Ek het ook met ‘n ander mamma, wat in ‘n soortgelyke situasie is, gesels. Eerder as om haar verder te laat skuldig voel het ek een van die name wat God se karakter beskryf, met haar gedeel: El Shaddai - die Algenoemsame Een.
In Hebreeus is die basis woord vir bors - “shad“. Net soos ‘n borsvoedende ma haarself gee vir haar honger baba, versadig El Shaddai ons harte se behoeftes.
Ek kon die mamma bemoedig om oor El Shaddai te mediteer selfs wanneer sy in die middel van die nag haar baba voed.
Voel jy dalk ook uitgeput en leeg? Fokus dan op God as die Algenoegsame Een en laat toe dat Hy jou leegheid weer volmaak.
Seëngroete van ROHSA.
Kernwoorde: God se karakter; Waarheid