Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Wat is van die eienskappe van ‘n goddelike vrou? Die Bybel het heel wat inligting hieroor.
Spreuke 31:26 “As sy praat, is dit met wysheid; as sy leiding gee, is dit met liefde.”
Seën jy jou familie en vriende deur woorde te spreek wat mooi en wys is? Is jy in staat om hulle na spesifieke skrifgedeeltes te wys wat van toepassing is op hulle lewens en omstandighede?
Ons lees in Spreuke 25:15: “Met geduld word ‘n aanvoerder oorreed, en ‘n sagte tong breek gebeentes.”
Is jy bereid om geduldig te wag dat God iemand in ‘n magsposisie se hart verander eerder as om te kla en te manipuleer? Beïnvloed jy ander deur sagte woorde of probeer jy hulle beheer met sarkasme of kras woorde?
“Liewer in ‘n woestyn woon as by ‘n twisgierige vrou wat aanhou neul” is Spreuke 21:19 se raad.
Is dit die Gees in jou wat dit maklik vir ander maak om in jou geselskap te wees?
Kom ons bid saam: “Here ek bid dat U ons die wyse vroue gevul met genade sal wees wat U ons geskep het om te wees - vroue wat die mooi eienskappe van Christus in elke opsig weerspieël. Amen”
Seëngroete van ROHSA.
Kernwoorde: Geestelike groei; Waarheid