Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Hier is ‘n briefie wat ons ontvang het: “Ek wil God met my lewe dien, maar ek is nie seker hoe dit kan uitwerk nie. Ek het baie verskillende belangstellings en hou daarvan om dinge fyn te beplan. Maar wanneer ek aan my toekoms dink, voel dit vir my soos ‘n groot, grys mistige wolk! Hoe weet ek wat die regte en beste plan is?”

Weet jy, ons almal moet onsself soms daardie vraag afvra. Wat ons heimlik graag sou wil hê, is dat God vir ons iets soos ‘n kontrak gee, met al die besonderhede reeds netjies ingevul. Maar in teenstelling, wanneer ons ons toekoms aan Hom oor gee, is dit eerder soos om 'n skoon bladsy te onderteken. Ons gee dit dan terug aan Hom en sê: “Here, vul U die besonderhede in.”

Dit lyk miskien riskant, maar in terme van die Ewigheidsplan, het ons niks om te verloor nie, want God is volkome betroubaar. God sal die besonderhede van ons lewens invul met Sy ongelooflike wysheid, getrouheid en liefde. Onthou die woorde in Spreuke 3, vers 5 “Vertrou op die Here met jou hele hart – op jou eie insig moet jy nie staatmaak nie.”.

Seëngroete van ROHSA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …