Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Ek gaan stap elke oggend in ons woonbuurt. Verbygangers kyk my soms skeef aan, want ek praat kliphard met God terwyl ek bid. Ek bid dan vir my gesin, my klein kinders en almal vir wie ek omgee.
Ek dink nie dis vreemd wanneer iemand so in die openbaar optree nie. Dit herinner my aan die vier vriende in Markus 2 wat ‘n verlamde man na Jesus toe gevat het. Hulle kon nie deur die skare kom nie, en het toe die huis waar Jesus bedien het, se dak oopgemaak en hulle vriend laat afsak tot by Jesus - sodat Hy hom kon genees.
Miskien weet jy van 'n vriend of familielid wat in groot nood is. Getroue, vurige gebede namens hulle, is soos om stukke van daardie dak af te trek. Om aan te hou bid, maak nie saak watter hindernisse van hulpeloosheid, twyfel of vrees in jou pad is nie. Galasiërs 6:2 “Dra mekaar se laste, en vervul so die wet van Christus.”
Jy wil graag help, want jy sien hoe die persoon sukkel, maar jy weet net nie wat om te doen nie. Spandeer vandag tyd om daardie dak af te haal en jou vriend deur gebed na die voete van die Verlosser te bring.
Seëngroete van ROHSA
Sleutel woorde: