Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Voordat ek getroud is, was daar 'n stadium in my lewe, waar ek die meeste aande na werk, die TV aan geskakel het en dit as 'n plaasvervanger vir geselskap gebruik het.

God het my toe begin wys dat die TV 'n versperring in my verhouding met Hom geword het. Ek is skaam om te sê dat ek 'n paar weke lank, die oortuiging weerstaan het. Die kern van die saak was of ek God in nederigheid sou gehoorsaam en of my trots Sy oortuiging sou weerstaan.

Jakobus 1:22 ”Julle moet doen wat die woord sê en dit nie net aanhoor nie, anders bedrieg julle julleself. Iemand wat altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is soos een wat na sy gesig in 'n spieël kyk: hy bekyk homself, gaan van die spieël af weg en vergeet dadelik hoe hy gelyk het.”

Die uitdaging in jou lewe is waarskynlik nie presies soos myne nie. Dalk het jy ‘n ook ‘n kwessie, waar God jou tot ander insigtigte en oortuigings roep. Maar ek kan wel vir jou sê, toe ek uiteindelik "Ja, Here" gesê het en die veranderinge aangebring het wat ek geweet het ek moes deurvoer, dit gelei het tot nuwe vryheid en groei in my lewe.

Ek weet nie waarmee jy stoeil nie, wat dit ook al is, kan ek jou aanmoedig: Moenie gehoorsaamheid uitstel nie.

Seëngroete van ROH SA

Sleutel woorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …