Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ek het al keer op keer die vernietigende siklus gesien wat mense in slawerny in lei.

Eerstens word 'n leuen soos ‘n saadjie in ons gedagtes geplant. In plaas daarvan om die leuen daar en dan met die waarheid van God se Woord teë te staan, begin ons daaroor tob, en kort voor lank glo ons dit.

Dit kan so lyk: “Toe ek ses jaar oud was, het ek iets gehoor. Ek kan nie onthou wie dit vir my gesê het nie, maar ek is meegedeel dat ek geen reg gehad het om gebore te word nie. Daarna het ek gedink dat ek dan sekerlik nie normaal is nie. Ek het my onttrek, dit was van toe af vir my baie moeilik om met mense te praat. Ek wou gaan slaap en nooit wakker word nie.”

Jy is reg, uiteindelik tree ons op volgens die leuen … en so val ons vas in slawerny.

Maar hier is die waarheid. Toe God Sy seun Jesus na hierdie aarde gestuur het, om jou sonde te dra, het Hy verklaar dat die waarde van jou siel groter is as die waarde van die hele wêreld. 1 Johannes 3 sê in vers 1: “Kyk net hoe ’n groot liefde die Vader aan ons betoon het. Dit is dat Hý ons sy kinders noem, en ons is dit beslis ook!” 

Dit is die waarheid waaraan jy kan vashou en waarop jy moet staan!

Seën groete van ROHSA

Sleutelwoorde: Leuens, Verslawing

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …