Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ons kan nie sonder water leef nie. Maar die einste lewe gewende water kan ook dodelik wees.

Ons sien hierdie kontras in Psalm 46 vanaf vers 3: “ Daarom sal ons nie bang wees wanneer die aarde skud, en berge wankel in die hart van die see nie. Sy waters kan maar woed, kan maar skuim, berge kan maar bewe in sy dreuning. Sela Daar is 'n rivier – sy watervore verskaf vreugde aan die stad van God, die heiligste woonplek van die Allerhoogste.”

Kom ons gaan terug na vers 2 toe: “God is ons toevlug en ons krag; in nood is Hy gereed om te help.” Die teenwoordigheid van God is soos 'n rivier wat kalm, konsekwent in ons lewens vloei en ons alles gee wat ons nodig het.

Is daar onrustige waters in jou lewe? Vra God om jou na die vreedsame, vloeiende rivier van Sy teenwoordigheid te lei.

Vers 8 “Die Here, Heerser oor alle magte, is met ons, 'n toevlugsoord is die God van Jakob vir ons.“

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde: Lyding, Beproewinge

Browse Past Episodes By