Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.

Ek sal nooit ‘n dag vergeet toe ek my vriendin Janiece gebel het, terwyl sy swaar gelei het a.g.v. Lou Gehrig se siekte. Sy het my voorgespring met hierdie woorde: "Nancy, jy was op my hart! Hoe kan ek vir jou bid?" Janiece kon nie haar arms of bene beweeg nie, en dit was moeilik vir haar om te praat en asem te haal. Maar haar fokus was daarop om God te verheerlik deur ander mense te dien.

Reg aan die einde van haar lewe het haar man, Tim, vir my gesê: "Janiece spandeer steeds die meeste van die tyd wat sy wakker is, om vir ander mense te bid." 'n Paar uur na daardie gesprek met Tim, was Janiece verlos en in die teenwoordigheid van die Here.

Sy het gesterf soos sy geleef het— met onselfsugtige liefde vir God en ander. Haar enigste begeerte was dieselfde as dievan Paulus die apostel. Filippense 1:21-22 “ Want vir my is om te leef Christus, en om te sterf wins; maar as my liggaam bly leef, beteken dit dat ek nog verder vrugbaar sal kan werk."

Is dit ook jou begeerte? Leef jy jou begeerte uit?

Seën groete van ROHSA

Sleutelwoorde: Geestelike groei, Gebed

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …