Seeking Him Afrikaans Podcast

Poster image

Hierdie Seeking Him, deur Nancy deMoss Wolgemuth.

Om regtig eerlik teenoor iemand anders te wees is soms baie moeilik. Jy wil dalk eerlik met jou man wees sodat julle aan ‘n sterker verhouding kan bou, maar jy is bang dit gaan juis die teenoorgestelde reaksie hê… Jy weet dit gaan hom baie omkrap, want hy sal dink jy is ‘n aaklige persoon.

Ons kan onsself ‘n paar vrae afvra om te bepaal of ons werklik eerlik is met ander:

  • Jok ek soms om ‘n beter indruk van myself te probeer oordra?
  • Gee ek voor om meer geestelik te wees as wat ek werklik is?
  • Is ek besig om sonde uit my verlede toe te smeer eerder as om dit op ‘n Bybelse manier te hanteer?
  • Koester ek ‘n gevoelens van haat of bitterheid teenoor iemand terwyl ek met hulle praat asof alles reg is?

Indien jy op enige van die vrae met ‘n “ja” moes antwoord, is dit nodig om eerstens met God eerlik te wees en jou sonde te belei. Dan moet ons ook teenoor die ander persoon eerlik wees en om vergifnis vra.

Effesiërs 4:25 sê: “Daarom moet julle die leuen aflê en die waarheid teenoor mekaar praat. Ons is tog lede van dieselfde liggaam.”

Seëngroete van ROHSA

Sleutelwoorde:

Browse Past Episodes By

About the Host

Nancy DeMoss Wolgemuth

Nancy DeMoss Wolgemuth is the founder and lead Bible teacher for Revive Our Hearts, a ministry dedicated to calling women to freedom, fullness, and fruitfulness in Christ. Nancy's love for Christ and passion for His Word are evident through … read more …