Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Waaraan dink jy as ek die woord “bekering” sê? Jy het dalk al 14 jaar terug tot bekering gekom. Dit is seker al wat mens daaroor hoef te sê, of hoe?
Wanneer ons in die oomblik van verlossing na Christus toe draai, moet ons met ‘n harts-ingesteldheid van berou na God toe kom, sodat ons hele wese kan wegdraai van sonde en na Christus toe draai vir vergifnis.
Maar bekering stop nie daar nie. Ons het ‘n voortdurende ingesteldheid van berou en bekering nodig in ons verhouding met God.
Ons ervaar steeds versoekinge en ons sondig ook nog steeds. Wanneer ons kinders van God is, sal ons ‘n behoefte hê om ons sonde te belei en weg te draai van die versoeking wanneer ons daarmee gekonfronteer word.
In 2 Korintiërs 7:10 sê die apostel Paulus “Want die droefheid, volgens die wil van God, bewerk inkeer, wat tot verlossing lei, en waaroor niemand ooit spyt is nie.”
Is daar enige sonde in jou lewe wat jy nog nie belei het nie? Sal jy vir God vra om vir jou Goddelike berou te gee wat kan lei tot bekering? Ons sal berou altyd nodig hê, totdat ons eendag na ons hemelse woning toe gaan.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: