Hierdie is “Seeking Him” deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Daar is ‘n leuen wat baie mense gevange hou. Hierdie leuen sê: "Ek kan nie verhelp vir hoe ek is nie." Hierdie leuen veroorsaak dat ons verskonings soek in plaas daarvan om verantwoordelikheid te neem vir ons keuses.
As jy glo dat jy gaan misluk, is dit presies wat gaan gebeur. As jy glo dat jy vasgevang is in ‘n lewe van sonde, dan sal jy nooit daarvan kan vry kom nie. As jy glo dat jy nooit gelukkig gaan wees nie, dan gaan jy ‘n ongelukkige en gefrustreerde mens wees.
Die goeie nuus is egter dat God ons deur geloof en deur die krag van die Heilige Gees, kan help om ons foute en verkeerde gewoontes te verander.
Esegiel 36:29 (NLV) “Ek maak julle skoon van alles wat julle lewe besoedel het.”
Ongeag van wat in jou verlede gebeur het of watter verkeerde keuses jy gemaak het, jy kan oor begin. Dit is die waarheid, en die waarheid sal jou vrymaak!
Seëngroete van ROHSA