Hierdie is Seeking Him deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Wanneer jy jou eie groente wil kweek, begin mens deur die saadpakkies aan te koop. Sou die beste manier om daardie saadjies te troetel wees deur hulle op ‘n veilige plek in jou huis te bêre? Nee. Daardie saadjies gaan net groei wanneer hulle in die grond begrawe word. Dink mooi daaroor, dis eintlik ‘n morsige, vuil, nat en eensame omgewing vir daardie klein saadjie. Maar dis daar waar die saadjie se harde buitenste doppie oopgebreek word sodat lewe kan voortkom.
Jesus het hierdie beeld gebruik om ’n punt te maak. Hy het gesê: "Ek sê vir julle: As 'n koringkorrel nie in die grond val en sterf nie, bly dit net een enkele korrel; maar as dit sterf, dra dit baie vrug." (Johannes 12:24)
Jesus het gepraat oor sy eie dood en opstanding. Ons word geroep om sy voorbeeld te volg. Wanneer ons bereid is om af te sterf van ons eie belange, begeertes en planne, sal God se lewe deur ons vrygestel word.
Laat jy toe dat God deur jou lewe? Of is jy soos ’n harde saadjie wat nie wil sterf nie? Onthou, in God se ekonomie bring die dood lewe.
Seëngroete van ROHSA