Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Om ‘n gebroke verhouding te herstel, mag dalk meer moeite verg, as die vergifnis wat jy moes deur werk.
Jy het moontlik die persoon vergewe, maar voel jy wil nooit weer iets met hulle te doen hê nie.
Wanneer iemand teenoor ons gesondig het en die verhouding skade berokken het, is vergifnis die eerste noodsaaklike stap. Maar daardie eerste stap om die ander persoon vry te spreek, moet opgevolg word deur ‘n toegewyde ingesteldheid, om in jou gebede daardie persoon voor die Here te bring. Daardie belegging sal jou help om ware genesing en herstel te ervaar.
Luister na Jesus se woorde in Lukas 6 vanaf vers 27: “Maar vir julle wat na My luister, sê Ek: ‘Julle moet julle vyande liefhê. Doen goed aan diegene wat julle haat. Seën die mense wat julle vervloek. Bid vir diegene wat julle sleg behandel.’”
Ons roeping is altyd om verhoudings te herstel, maar selfs in situasies waar dit nie moontlik is of beter is om nie weer met die betrokke persoon in verbinding te wees nie, kan ons steeds in hulle lewens belê deur hulle te seën met ons gebede- dit is Jesus se opdrag aan ons.
Seëngroete van ROH SA
Sleutel woorde: Vergifnis