Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
“Goed. So ons is veronderstel om te vergewe en te vergeet, reg? Wel, daar is geen manier waarop ek ooit kan vergeet wat sy aan my gedoen het nie! So, ek gaan haar nie kan vergewe nie.”
Het jy geweet dat God nie ons sondes vergeet nie?
Jy dink dalk nou dadelik "Ja, Hy het verseker!"
My volgende vraag aan jou: Hoe kan 'n alwetende God enigiets vergeet? In die boek Jeremia sê God: " Want Ek sal hulle sondeskuld vergewe en aan hulle sonde sal Ek nie weer dink nie." Jeremia 31:34
Sien jy wat ek bedoel? God belowe nie om ons sondes te vergeet nie, maar Hy belowe wel dat Hy hulle nooit weer teen ons sal hou nie. Dit is wat Hy ook van ons verwag om aan ander te doen.
Hy vra ons nie om die onregte wat aan ons gedoen is, te vergeet nie, maar verseker om dit te vergewe. Wanneer ons dan wel aan die situasie dink, sal ons meer rustigheid en vrede daaroor ervaar. En wanneer dit steeds vir ons moeilik is, kan ons fokus op die groter prentjie, naamlik dit wat God my als vergewe en kies om nie teen my te hou nie. Sien jy hoe belangrik dit is om oop en eerlik met God te wees, en vir Hom om vergifnis te vra vir jou oortredinge?
Is daar dalk nog 'n onsettende pynlike situasie in jou lewe? Dit mag dalk nie moontlik wees om dit te vergeet nie, maar jy kan wel kies om te vergewe.
Seëngroete van ROH SA
Sleutelwoorde: Vergifnis en Bitterheid