Hierdie is Seeking Him, deur Nancy DeMoss Wolgemuth.
Leer jy jou kinders wie God werklik is?
In Genesis 28 is Isak aan die einde van sy lewe en sê vir sy seun Jakob: "Mag El-Shaddai (Die Magtige God wat meer as genoeg is) jou seën, jou vrugbaar maak en jou vermeerder sodat jy ’n menigte van volke mag word en mag Hy jou die seën van Avraham gee, aan jou en jou nageslag saam met jou…” (PWL vertaling)
God het homself as El Shaddai voorgestel, toe Isak wonderbaarlik gebore is vir sy bejaarde ouers. Abraham en Sarah het Isak duidelik van El Shaddai geleer terwyl hy grootgeword het, en nou het Isak weer daardie die kenmerkende naam aan sy seun geleer.
Daar is soveel maniere waarop jy die kennis van God as El Shaddai—God die Almagtige—aan jou kinders kan oordra. Die oomblik wat daardie boodskap op jou foon verskyn dat 'n salaris inbetaal word of selfs wanneer jy regmaak om werk toe te gaan, kan jy hulle daaraan herinner dat alles uiteindelik van God af kom.
Wanneer julle as 'n gesin saam bid, kan jy jou kinders leer oor die maniere waarop God gebed verhoor. Soos Hy Homself aan jou openbaar deur Sy Woord, kan jy daardie waarheid oordra, net soos Abraham aan sy seun gedoen het.
Seëngroete van ROHSA
Sleutelwoorde: